• This site uses cookies. By continuing to use this site, you are agreeing to our use of cookies. Learn more.

Angola - 2019 #

Riaan Harman

G-Wagen Club SA
Joined
Oct 25, 2008
Messages
1,904
Likes
159
Location
Zeerust; Noord Wes
#1
G-Wagen owners we are looking at planning a trip to Angola with Martin Le Roux as our guide.

There is already seven club members going and we decided to open it up to other G-Wagen owners.

What is on the table:
Date: 15 June 2019 to 6 July 2019 - (Please indicate we can still change - Best time is from March to September, guided tour is 18 day's)
Vehicles: Maximum 10
Costs: R300 per day per vehicle when we have 10 vehicles. (Deposit of R1000 payable before 15 January 2019 and the rest in cash before we cross the border to Angola.)

Kids are more than welcome to tag along as it is in SA school holiday's.
First day we need to travel to Kang in Botswana
Second day to Tsumeb where we shall meet Martin.

Doodsakker is included.

The finer details of the trip will be posted later on when we know what the interest is.

It's a self catering trip as always.

Please indicate

Regards
Riaan
 

Riaan Harman

G-Wagen Club SA
Joined
Oct 25, 2008
Messages
1,904
Likes
159
Location
Zeerust; Noord Wes
#2
1. Cornel Zaayman & kids - Information sheet received - Dep Rec
2. Anthony Barker & kids - Information sheet received - Dep Rec
3. Riaan Harman - Information sheet received - Dep Rec
4. Alan Husgen- Information sheet received - Dep Rec
5. Wolsak - Information sheet received - Dep Rec
6. Wolfgang - Information sheet received - Dep Rec
7. Heinie Klee & Jan de Raedt - Information sheet received -
 

Riaan Harman

G-Wagen Club SA
Joined
Oct 25, 2008
Messages
1,904
Likes
159
Location
Zeerust; Noord Wes
#6
1. Cornel Zaayman & kids - Information sheet received - Dep Rec
2. Anthony Barker & kids - Information sheet received - Dep Rec
3. Riaan & Kay Harman - Information sheet received - Dep Rec
4. Alan, Karien en Jana Husgen- Information sheet received - Dep Rec
5. Wolsak - Information sheet received - Dep Rec
6. Wolfgang - Information sheet received - Dep Rec
7. Heinie Klee & Jan de Raedt - Information sheet received - Dep Rec
8. Lorraine & Edward Middleton - Dep Rec


Two places left!
 

Riaan Harman

G-Wagen Club SA
Joined
Oct 25, 2008
Messages
1,904
Likes
159
Location
Zeerust; Noord Wes
#7
G Club members and forum members we want to close this event to finalize the planning if there is anyone still interested please reply on this message. By the end of this week we want the final numbers.

Regards

Riaan
 

Riaan Harman

G-Wagen Club SA
Joined
Oct 25, 2008
Messages
1,904
Likes
159
Location
Zeerust; Noord Wes
#10
ANGOLA TRIP REPORT - WEEK 1:

Verskoning dat dit in afrikaans is maar die res sal in engels wees het die manne gesê.

17 JUNIE

Ons het net na 6h by Kupferquelle gery in Grootfontein.
Artetiese water bron besoek waar die soldate met breakfluid gaan tan het. Die water is sout en lou warm.
By Santa Clara grenspos gekom het ons 'n runner gekry wat ons gehelp het met die papierwerk. Dit het op die ou end 4 ure geneem. Almal het lekker geëet en kinders het handjie tennis gespeel en lift gevang op die motorfietstaxi. Uiteindelik oppad vind Karien uit haar handsak is gesteel. Dit het ‘n demper geplaas op alles maar gelukkig was die paspoorte by die runner.
Ons ry deur Onjiva en maak brandstof vol by Pumangol. R4,82 per liter!
Ons kyk na tenks wat afgeskiet was in die oorlogtyd langs die pad.
Ons het tot so 6h aangery en toe so ent van die pad af kamp opgeslaan 25 km Suid van Xangongo.

18 JUNIE

Drivers meeting is 7h45. Ons vetrek net na 8 en stop in Xangongo by kerk. Ry daarna oor die elle lange Cunene. Kry 'n woud Kremetartbome langs die pad.
Stop by die vyand se basis kyk nog tanks.
Gaan kyk na die grafte van 114 kubaanse soldate wat met 'n trosbom doodgeskiet is. Die grafte het almal houtkruise opgehad maar is deur termiete opgeëet. Grafte is nie gemerk nie so die ouers van die kinders kan nie die grafte uitken nie.
Stop by vyandbasis waar Martin hulle voorgelê is in oorlogtyd. Die basis was versteek en nie eers die recce’s het daarvan geweet nie. Loop deur ondergrondse bankers.

Besoek die northodite myn. Lyk soos swart graniet. Meeste voer uit na China toe. Ongelukkig vind geen reabilitasie plaas nie. Meeste van die myne word ook deur chinese ontgin.
Drink 'n biertjie by plaaslike pub - N'gola bier.
Kom in Lubango. Kan die Christusbeeld al op die berg sien. Een van 3 in die wêreld. Diè een is die kleinste.
Ons ry deur Lubango. Stop by die mall vir aanvullings. Ry verder en sien hulle sportfasiliteite, onderandere vroeër jare se bull ring.

Ry die berge in na Tundevale waar hulle 'n hele skool kinders ontvoer het en kom oplei het vir oorlog. Sien die skrikwekkende afgrond waar kinders afgegooi is wat nie wou saamwerk nie.


19 JUNIE

Ry deur stad. Sien 3 pienk en een geel hotel wat vir die sokker gebou is wat tot vandag nog leeg staan.
Besoek Christo Reio. Kubaanse sniper het sy regterhand se vinger afgeskiet - laat 1960's gebou.
Besoek die plaas van vroëere Van der Merwe’s Dorslandtrekboer. Op sy plaas is ‘n Dorslandtrekboerebegrafplaas. Klomp du Plessis begrawe.
Besoek die kerk waar die Dorslanders met slegs een stem besluit het om terug te trek. Later verander na Rooms Katoliek en gerestoreer.
Besoek die dorp se begrafplaas. Geen gemerkte grafstene net ‘n gedenknaald.

Ons ry na die bekende Leba pas – kyk van bo uit oor die pas - pragtig. Ons ry die pas sommer af en weer op. Pragtige tekeninge langs die pad deur skoolkinders gedoen.

Riaan koop rooi bessies op aanbeveling van Martin vir 500 kwanzas. Gin rooi bessies nie... klein rissies…
Slaap in ou gwarrie. Weet daar is nie landmyne nie want volgens wet moet 2km radius ontmyn word.
Almal kuier lekker om die kampvuur. Riaan deel rooi "bessies" uit tot almal se ontnugtering.

20 JUNIE

Die groep is vroeg vanoggend almal vang ritme. Ons ry al 7h50 uit die kamp uit.
Ry oor 'n paar Baily brue wat deur die weermag opgesit is. Staal konstruksies wat inmekaar druk soos ‘n legkaart. 'n Kleintjie kan so vinnig as binne 4 ure opgesit word.
Stop by 'n stasie wat deur die chinese opgesit is in ruil vir olie. Die probleem is dit word op plekke opgerig waar dit nie benut gaan word nie.
Ry tot by Jamba. Ry oor groot rivier. Suid Afrikaanse invloed: mens kan sien die dorp is goed uitgelê.
Koop heuning langs die pad 1000 kwanzaz per liter. Dus R33 per liter.
Ry deur Kovango. Silos word opgesit om die mense aan te moedig om meer mielies te verbou en aan die silo eienaars te verkoop.
Kom in Menongue. Slaap op die sokkerveld by die sendingstasie van Wessel en Jane. Lekker warm stort vir die vrouens en spoeltoilette. Lopende fonteinwater met 'n pyp aangelê uit die berg. Enigste skool met lopende water…
Hulle was al tydens die oorlog hier, 18 jaar in totaal, 14 jaar in Menongue. Hulle lei mense op vir 'n jaar. Stuur dan uit om nog sendingstasies te vestig.

21 JUNIE

Wessel begin vir ons die dag met 'n boodskap en gebed.
Sien 'n helikopter wat afgeskiet is. MI23 Russiese gevegshelikopter.
Besoek die museum Quito Canavale waar die ooreenkoms geteken is om Suid-Afrika te onttrek uit die Angolese oorlog.
Die tenks en vliegtuie word goed onderhou. Indrukwekkende standbeelde. Standbeeld van 2 soldate is 54m hoog. Dis 'n kubaanse en angolese soldaat. Die figuur agter hulle is 'n AK47 wat deur die landswapen omvou is.
Slaap net noord van Quito Canavale.
Almal kuier lekker om die kampvuur.

22 JUNIE

Almal mooi betyds. Jan kry die bra omdat sy kar agteruit geloop het met sy vrou agterin.
Oppad na Huamba.
Ons koop tamaties en uie by die mark. Goedkoper en beter kwaliteit as Shoprite.
Sien 'n vrou wat kasawa fyn stamp soos in die ou tyd. Sien ook mense wat hul land met 'n skottel natly. Mense lewe baie primatief.
Word gestop deur polisie wat ons paspoorte neem om ons info af te skryf. Kontrolleer ook ons passage.
Stop by mark en koop tamaties en uie. Kommunikasie wys maar met die vingers.
Jan kyk op sy vrou se selfoon en slaan ‘n slaggat bakkie se band is afgeskryf.
Besoek Savimbi se huis. Heeltemal uitmekaar geskiet.

23 JUNIE

Martin se bakkie se breakfluid pypie word reggemaak die Toyotas hou ook nie op die paaie nie!. Cornel se waentjie se bracket word vasgetrek met toue.
Ry oor lelike teerpad. Hoe hoër mens opbeweeg hoe meer tropies raak dit. Ry gereeld oor riviere. Ongelukkig baie meer rommel sigbaar.
Kremetartbome is maer en langer. Bas word afgesny om matte mee te weef.
Sien baie meer landbou ontwikkeling. Hoenderhokke, boorde, tonnels.
Kom 4h al by die kampplek op die wal van die Kambambe dam.

24 JUNIE

Word vanoggend wakker met water verby die voorste bande – hoogwater by ‘n dam! Sluise word in die aand toegemaak. Cornel het sy braai in die water gaan uitduik.
Ry die Tombinga pas deur 'n woud. Pragtige reusagtige bome.
Sien nog meer Kremetarte.
Ry deur N'dalatando. Stop by vulstasie. Koop Blue koeldrank R5 elk.
Besoek die Calandula valle 2de grootste naas die Victoria watervalle.
Ry dan na Pedras Negras (Black Stones of Klippe van die gode). Gaan klim die klipkop op.
Slaap op die klippe met spruitjie wat langsaan loop.
 

Riaan Harman

G-Wagen Club SA
Joined
Oct 25, 2008
Messages
1,904
Likes
159
Location
Zeerust; Noord Wes
#11
Paar foto's wat by die dae pas.
 

Attachments